Steve Hofmeyr se Janine in hospitaal opgeneem
Steve Hofmeyr saam met Janine en Romy-lee. Foto: Facebook/Stevehofmeyr

Tuisblad » Nuus » Steve Hofmeyr se Janine in hospitaal

Steve Hofmeyr se Janine in hospitaal

Die sanger Steve Hofmeyr se vrou, Janine, is is vroeër die week vir waarneming in ‘n hospitaal opgeneem. Hier is die nuutste nuus.

12-04-24 14:41
Steve Hofmeyr se Janine in hospitaal opgeneem
Steve Hofmeyr saam met Janine en Romy-lee. Foto: Facebook/Stevehofmeyr

Die sanger Steve Hofmeyr se vrou, Janine, is vroeër die week vir waarneming in ‘n hospitaal opgeneem.

STEVE SE VROU, JANINE IS VROEëR DIE WEEK OPGENEEM

“My vrou is Maandag opgeneem vir waarneming. Dankie vir soveel goeie wense en ondersteuning.”

Ons hoop om haar voor die naweek terug te hê.

In kommentaar het hy gesê hulle is by sy vrou en sy lees die beterskapwense wat op sosiale media vir haar gestuur is.

‘SY LEES DIE DIE BETERSKAPWENSE WAT VIR HAAR GESTUUR WORD’

“Sy lyk goed en reageer goed op die toetse. Romy-lee speel met die outomatiese beddens!”

In sy video-opname sê Steve Romy-lee sorg dat hulle betyds vir besoeke by Janine uitkom.

“Klein Romy, pliggie jaag my soggens aan sodat ons nie laat sal wees nie.”

ROMY-LEE SPEEL MET DIE OUTOMATIESE BEDDENS

Verlede week het Steve gesê hy is siek en dae later bevestig Janine is ook siek en dat hy hoop dit is iets wat gou sal opklaar.

“Ek het ‘n bug. Duiseligheid, naarheid. Lyk my dis in die omtes. Maar ek is plat daarmee. Jammer. Sal later gesels.”

het Steve Hofmeyr gesê.

Hy het gesê hulle beide voel swak, naar en duiselig.

“Gehoop dis verby na 24 uur, maar nee.”

Lees ook: Suid-Afrika word gereken as een van die ellendigste lande ter wêreld

Steve en Janine het in 2014 stil-stil die knoop deurgehaak.

Die Suid-Afrikaner is opsoek na joernaliste …. Indien jy belangstel stuur asb. ‘n e-pos aan info@thesouthafrican.com of WhatsApp ons op 060 011 0211.