Borgtog vir ‘Bittereinder’ wat glo aanrand

Bittereinders

Die klaer in die saak moes na die beweerde voorval na ‘n hospitaal geneem word om steke te kry. (Foto: Verskaf)

ʼn Lid van die Bittereinders-jeugbeweging het Woensdag in die landdroshof in Pretoria verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy ʼn dag tevore in hegtenis geneem is.

Francois van der Merwe, direkteur van dié beweging, is ná ʼn vlugtige hofverskyning op borgtog vrygelaat.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag in Gauteng, het bevestig dat die saak tot Januarie vir verdere ondersoek uitgestel is.

Volgens die slagoffer, wat met Maroela Media gepraat het op voorwaarde van anonimiteit, hou die klag verband met ʼn voorval verlede Vrydagaand by ʼn kuierplek in Gezina in Pretoria.

Van der Merwe het glo met die klaer en ʼn groep van dié se vriende gesels. Dit was glo nie lank nie of ʼn woordewisseling het ontstaan tussen Van der Merwe en die vermeende slagoffer.

Bittereinders

Francois van der Merwe het Woensdag in die hof verskyn. (Foto: Facebook/Bittereinders)

Die slagoffer wou na bewering by Van der Merwe weet wat sy definisie van ʼn “boer” is weens sy betrokkenheid by die jeugbeweging.

Hierdie vraag het glo vir Van der Merwe tot so ʼn mate ontstel dat hy na bewering ʼn brandewynbottel gegryp en die jong man daarmee oor die kop geslaan het. Die man moes na ʼn hospitaal geneem word om steke te kry. Hy is later ontslaan en het ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Hennie Biebouw ·

Geen verrassing dat daar ‘n brannas bottel in die verhaal skitter nie…

Martie ·

Alhoewel ek bakleiery nie goedkeur nie is dit nou ook so dat party mense net nie hulle monde kan hou nie. Los hierdie boer, Afrikaner praatjies by die huis, ons weet almal ‘n boer is ‘n beroep en ‘n Afrikaner ‘n bees of skaap.

Karoo ·

Julle…. dis net ‘n Skilpad wat hom met’ n “dop” kan gedra.

Rina ·

Wat is vooraf gesê. Ek dink daar is meer erenstiger uittartende dinge gesê wat tot die voorval gelei het en noudat dinge handuit geruk het nou is die bittereinder die vark in die verhaal. Kry eers die ware feite en besluit dan wie reg en wie verkeerd is

Leona ·

Francois is n vurige persoon, ek hou hom die laaste amper 3 jaar dop. Hy gaan definitief aan sy humeer moet werk. Dit is goed om passie te hê, egter moet jy jou passie in beheer kan hou ook.

Sat Tier ·

Hierdie mannetjie moet direkteur van niks wees nie.

‘n Mens kan nie so tekere gaan en jou speelgoed uit die kot wil gooi vir elke persoon wat definisies aanvra nie!

bolletjie blom ·

Selfbeheersing word glad nie meer toegepas nie ongeag die nagevolge.

Gaitsigubib ·

Hoop hoop net nie dat die bottel nog vol was nie. Dan is dit n waste.

Wilna ·

@ Highlander, kry eerder ‘n stokperdjie. Jou opmerkings raak so bietjie afgesaag.
‘n saak het altyd 2 kante. Hier lees ons slegs die 1 kant. Oordeel wanneer jy die VOLLE storie het.

Highlander ·

@Wilna. As jy nie hou van my opinies, maar van ander verwag om joune te aanvaar, is daar groot fout. Dalk ook n gebreekte bottel

Highlander ·

O ja @Wilna. Beide kante was gewys van die saak. Want beide was in n kroeg besig om te drink.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gelukkig het die groepie nie veel steun in die WK nie.

Andries ·

Die klaer het moeilikheid gesoek en was uittartend. Nou het hy op sy herrie gekry.

Highlander ·

@Andries. Enige iemand in n kroeg soek moeilikheid. Hang af wie eerste aanval.

SwartBees ·

Wel, as jy jouself uit gee as ‘n toffie moet jy bereid wees om gekou te word.

Naomi ·

Enigiemand wat nie werklik weet wat ‘n boer is nie, kan net beskou word as ‘n joiner. Ons kunstenaars reis nou oorsee om shows te hou. Dis nie lank nie, dan is ons soos Israel…bly iewers want ons het nie ‘n land nie.

Ryno ·

Wanneer gaan afrikaners of watookal hierdie groep kinders hulself noem ophou om hul name met `n plank te slaan. Hierdie groepie dink hulle verteenwoordig Afrikaners of Boere of watookal, maar wie gee hulle daardie mandaat? Al wat hulle doen is laat ons afrikaners nog meer “kommin” lyk. En enige persoon wat iemand anders met `n drank bottel slaan (tensy daar geen ander wapen is nie en jou lewe is in gevaar) verdien om in die tronk te sit. Nie net omdat jy geweldadig is nie maar omdat jy blerrie “kommin” is.

Ek wonder ook of die persoon weet wat `n boer is. Ek sou OOK graag wou weet wat sy definisie is want almal wat afrikaans praat en `n bottel brandewyn in hulle hande het dink hy is `n boer. Die kinders het geen benul wat `n boer is nie , watter waardes hy voor leef en hoe naby aan God MOET leef nie. `n BOER sal nie iemand met drank bottel slaan nie. (Dalk in `n ekstreme geval met `n VUIS as jy sy God of familie aanvat in `n oomblik van swakheid)

My advies vir die kinders – Kom uit die kuier plekke, hou op “kommin” wees, gaan op julle kniee en baklei die regte vyand op die regte manier.

George ·

Naomi, maar julle wil dan he hierdie “joiners” moet saam julle stem, en die wereld bewus maak van dinge.

De Bok ·

Afrikaanse kuierplek in Gezina? Dit was waarkeinlik dan by die Withuis. Tannie Gezina Kruger draai in haar graf om as sy hoor wat nou in haar ou huis aangaan.

Alexander ·

Daar is geen verskoning om iemand wat nie met jou saamstem aanterand

Goldy ·

Onthou, hierdie brawe man kom op vir ons in n wereld waar ander ons nie wil ken nie.

Highlander ·

@Goldy. Ek het nie nodig dat iemand vir my opkom in kroeë nie. Ook nie by drank rallies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.