Matrieks aan die Hoërskool Bloemfontein is vol vertroue dat hulle goeie punte vir die tweede besigheidstudies-vraestel sal behaal.
“Dit was baie lekker, in ag genome dat die tweede vraestel gewoonlik die moeiliker een is. Ek het vraestel 2 meer as vraestel 1 geniet,” sê Tsholofelo Motlhale oor Maandag se vraestel.
Sy is die toppresteerder in haar graad in besigheidstudies.